On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

South Africa

Geestesgesondheid: Studente moet betyds aandag gee aan gevaartekens

───   ZENANDE MPAME 12:10 Sat, 11 Oct 2025

Geestesgesondheid: Studente moet betyds aandag gee aan gevaartekens | News Article
Dit is belangrik om sou gou moontlike professionele hulp te kry. Foto: Freepik

Oktober is wêreldwyd Geestesgesondheidsbewustheidsmaand en poog om die stigma te verminder en die belangrikheid van welstand te bevorder.

Kenners doen ’n beroep op ’n transformerende verskuiwing in hoe universiteite die welstand van studente benader. Uitdagings met geestesgesondheid onder jong volwassenes is kommerwekkend en hoër onderwysinstellings word aangemoedig om ’n proaktiewe, voorkomende en volhoubare kultuur van sorg te vestig.

’n Landwye opname wat by 17 Suid-Afrikaanse universiteite gedoen is, toon 24,4% van die studente het selfdoodgedagtes gehad, 16,3% gemoedsversteurings en 37,1% angsversteurings, sê die Nasionale Instituut van Gesondheid. Slegs ongeveer een uit elke vyf studente het terapie ontvang omdat koste en stigma steeds ’n struikelblok is.

‘Versteuring kom gewoonlik van 17 tot 25 jaar na vore’

“Studentelewe val saam met ’n ontwikkelingstydperk wanneer die meeste geestesgesondheidstoestande vir die eerste keer ontstaan,” sê dr. Linda Meyer, besturende direkteur van IIE Rosebank College. Versteurings soos angs, depressie en bipolêre versteuring kom gewoonlik van 17 tot 25 jaar na vore juis in hul studentejare.

“Hierdie oorgang gaan dikwels gepaard om die ouerhuis te verlaat, nuwe sosiale en akademiese verwagtinge. Dit kan opwindend maar oorweldigend wees. Dit sluit in finansiële stres, onsekerheid oor behuising, sosiale isolasie en die druk om aan gesins- of gemeenskapsverwagtinge te voldoen.

“Die gevolg is ’n bevolking van jong volwassenes met 'n hoë risiko vir sielkundige nood, maar dikwels huiwerig of nie in staat is om hulp te soek nie. Dit is weens die koste, gebrek aan tyd, vrees vir stigma en die wanopvatting geestesongesteldheid is ’n teken van swakheid.” 

Hierdie uitdagings lei tot swak akademiese prestasies, afwesigheid, staking van studies en in uiterste gevalle selfdood. 

Let op gevaartekens: 

  • Gedagtes van selfdood of selfbesering: Enige gedagtes om jou eie lewe te neem of jouself te beseer moet ernstig opgeneem word. Kry onmiddellik professionele hulp. .
  • Gevoel van hartseer of hopeloosheid: Dit is gevaarlik wanneer jy vir meer as twee weke neerslagtig voel, gereeld huil of belangstelling verloor in aktiwiteite wat jy voorheen geniet het.
  • Swak akademiese prestasie: Om nie te hou by sperdatums, nie lesings by te woon nie of of assesserings te druip kan gekoppel word aan verslegtende geestesgesondheid.
  • Sosiale onttrekking: Om vriende, klasse of sosiale aktiwiteite te vermy kan ’n teken van emosionele moegheid of angs wees. 

Vir enige hulp besoek die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se webtuiste https://www.sadag.org/ of bel 08600 567 567.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.OFM Nuusdg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.