South Africa
ANC kry skuld vir ‘intelligensie-chaos’ ná hoë se skorsing─── 15:45 Thu, 16 Oct 2025

Die skuld vir die chaos in die land se intelligensiedienste word reëlreg voor die deur van die ANC gelê.
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag (16/10) die inspekteur-generaal van intelligensie summier geskors ná lt.genl. Shadrack Sibiya, die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, aan die parlement gesê het misdaadintelligensie in Suid-Afrika is nie op standaard nie. Bewerings van wanbesteding in die eenheid is ook geopper.
IOL berig Fazel, wat in November 2022 as inspekteur-generaal van intelligensie aangestel is, was verantwoordelik vir toesig oor die land se intelligensiedienste binne ’n wetlike en grondwetlike raamwerk.
’n Klag oor Fazel se optrede is ingedien, wat Ramaphosa gedring het om op te tree, sê Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder. Die parlement se gesamentlike staande komitee oor intelligensie sal nou die saak ondersoek, ingevolge die Wet op Intelligensiedienste.
Intelligensiedienste ondermyn
Mmusi Maimane, Bosa-leier, beskuldig die ANC daarvan hy ondermyn die land se intelligensiedienste. Maimane het aan The Citizen gesê intelligensie is vir politieke doeleindes misbruik.
“Die ANC het versuim om die aanbevelings van die Mufamadi-verslag oor die professionalisering van intelligensie te implementeer. Ons het nou verandering nodig – etiese leiers en deursigtige bestuur.”
Staatsveiligheid sowel as misdaadintelligensie is deur politieke inmenging verlam, meen prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder. Hy verwys na die Zuma-era, waar intelligensie glo vir interne ANC-strategieë gebruik is. “Die aanstelling van lojale kaders het gelei tot die politisering van intelligensie.”
‘Gedurende die Zuma-era is geheime fondse van miljoene rand gebruik sonder behoorlike toesig’
Hy wys ook daarop dat intelligensiefondse nie deur die ouditeur-generaal geouditeer word nie, wat misbruik vergemaklik. “Gedurende die Zuma-era is geheime fondse van miljoene rand gebruik sonder behoorlike toesig – ’n kernaspek van staatskaping.”
Die departement is ná die onluste van Julie 2021 onder die presidensie geplaas.
Die Instituut vir Sekerheidstudies wys in ’n ontleding ook op wanbestuur, faksiegevegte en onreëlmatige aanstellings as kernprobleme in misdaadintelligensie.
Die land se veiligheidsdienste, spesifiek die polisie, is die jongste tyd die onderwerp van openbare ondersoeke deur die Madlanga-kommissie sowel as ’n parlementêre ad hoc-komitee wat korrupsie en inmenging in die polisie ondersoek.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Belof whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.