On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Gryslys: Positiewe nuus vir Suid-Afrika se ekonomie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:26 Sat, 25 Oct 2025

Gryslys: Positiewe nuus vir Suid-Afrika se ekonomie  | News Article
Suid-Afrika is van die sogenaamde gryslys verwyder. Foto: Shutterstock

Die internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF) het Suid-Afrika van sy sogenaamde gryslys afgehaal.

Die besluit is ’n beduidende stap in die herstel van die integriteit van Suid-Afrika se finansiële stelsel. Dit toon die sukses van ‘n gekoördineerde poging van die regering om finansiële misdaad aan te pak, sê Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die gryslys het in Februarie 2023 sistemiese swakhede uitgelig waarvan baie vererger is tydens staatskaping. Dit word beskou as ’n mylpaal eerder as ’n eindstreep in die langtermynpoging om ’n sterk, veerkragtige finansiële stelsel te bou.

Kieswetter se belangrike punte:

Sleutelbydraes 

SAID het ’n sentrale rol gespeel om die voorstelle van FATF uit te voer en sluit in: 

  • Strenger ondersoeke en herwinning: SAID het saam met wetstoepassingsagentskappe gewerk soos die nasionale prioriteitsmisdaad operasionele komitee, Natjoints, Samlit en die staatskapingstaakmag om finansiële intelligensie, ondersoeke en herwinning van bates wat verband hou met belasting- en doeanemisdaad, geldwassery en terreurfinansiering te verbeter.
  • Verbeterde toegang tot begunstigde eienaarskapsinligting: Regspersone en trusts word nou vereis om begunstigde eienaarskap aan te meld met noue samewerking met die maatskappye- en intellektuele eiendomskommissie (Cipc) en die meester van die hooggeregshof (Mohc). 
  • Wetgewende Wysigings: Wysigings aan die Belastingadministrasiewet in 2023 het beter inligtinguitruiling tussen SID, Cipc, Mohc en die departement van maatskaplike ontwikkeling moontlik gemaak om nasionale begunstigde eienaarskapsraamwerke te versterk.
  • Reisigerbestuurstelsel: ’n Digitale stelsel vir die verklaring van kontant is by grense getoets en sal teen die einde van 2025 verpligtend wees. Dit sal die monitor van onwettige finansiële vloei verbeter.
  • Kapasiteit: SAID het opleiding gebied aan sy amptenare en ander wetstoepassingspersoneel oor geldwassery, begunstigde eienaarskap en die gebruik van wedersydse regsbystand om finansiële misdade op te spoor en te voorkom.

Toekoms

SAID beoog nou om hierdie verbeterings permanent te vestig deur:

  • Dit makliker te maak vir belastingbetalers om te voldoen.
  • Belasting- en doeanewette billik en beslissend af te dwing.
  • Doeltreffend saam te werk met plaaslike en internasionale vennote om die onwettige ekonomie te bestry.
  • Gevorderde data en sake-intelligensie te benut om onwettige finansiële aktiwiteite op te spoor en teen te werk.

“Die stryd teen finansiële misdaad en korrupsie duur voort. SAID bly verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van finansiële integriteit, die bou van openbare vertroue en die skep van ’n sterker, meer welvarende Suid-Afrika vir almal,” sê Kieswetter.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.