South Africa
Akademia se nauurse afstandsmodel bied buigsaamheid en toeganklikheid─── 08:55 Wed, 17 Dec 2025
Sponsored08:55 Wed, 17 Dec 2025
Werk jy reeds maar het jy drome om verder te studier? Akademia se nauurse afstandsmodel bied vir jou die geleentheid om jou drome in aksie om te skakel.
Kayla Barker gesels met Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, hieroor:
In 'n wêreld waar tyd 'n beslissende rol speel, maar terselfdertyd 'n skaars kommoditeit is, bied Akademia se dinamiese nauurse afstandsmodel buigsaamheid, toeganklikheid én toegevoegde waarde aan studente wat reeds in die werksplek gevestig is óf wat voltyds ander belangstellings nastreef. Dié onderrigleermodel is nommerpas vir besige individue, leergieriges van welke ouderdom ook al asook jong skoolverlaters en bied só toegang tot die instelling se uitgebreide en gehalte programverskeidenheid in Afrikaans.
Die goeie nuus is dat indien jy ', studiedroom koester en jouself in 2026 met loopbaan- en selfontwikkeling wil besig, jy nie 'n beslissende keuse tussen werk óf studie hoef te neem nie. Die nauurse afstandsmodel bied jou die geleentheid om, ongeag van waar in die wêreld jy jouself bevind, in persoon by een van 'n netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika klas te draf, óf via 'n e-leeropsie aan klasse deel te neem. Kontaksessies vind gevolglik op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word aangewend om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.
Benewens 'n gerieflike rooster bied dié model voorts aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om in hul moedertaal te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die VSA in.
Klik hier om meer te wete te kom oor die instelling se programverskeidenheid.
Registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie
Indien jy jou studiereis in 2026 aan Akademia wil begin skakel op Donderdag 15 Januarie in vir 'n aanlyn inligtingsessie oor hierdie onderrigleermodel. Die sessie sal vanaf 18:00 tot 19:00 strek en jou die geleentheid bied om direk met ervare en kundige Akademia-personeellede te gesels.
Voorgraadse studieaansoeke vir 2026 is oop tot 30 Januarie.
Studente wat by wyse van die nauurse afstandsmodel hul studie aanpak, het die keuse om by een van 'n netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika klas te draf, óf via 'n e-leeropsie aan klasse deel te neem.
