On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Trump verbied reisigers van dié Afrikalande, soek net ‘wittes van SA’

───   10:09 Wed, 17 Dec 2025

Trump verbied reisigers van dié Afrikalande, soek net ‘wittes van SA’  | News Article
Pres. Donald Trump. Foto: kbtx.com

Die Amerikaanse president Donald Trump het gister (Dinsdag 16 Desember) sy reisverbod verskerp deur mense van sewe bykomende lande te verbied om die Verenigde State binne te gaan.

Dit bring die aantal lande wie se burgers beperkings in die gesig staar om na die Verenigde State te reis, tot byna 40. Trump het ook die reëls vir roetine-reise vanaf Westerse lande verskerp, berig AFP.

Buiten Sirië en die Palestynse Owerheid, word burgers van sommige van Afrika se armste lande, naamlik Burkina Faso, Mali, Niger, Sierra Leone en Suid-Soedan, sowel as Laos in Suidoos-Asië, nou verbied om die VSA binne te gaan.

Die Withuis sê in 'n proklamasie hy verbied buitelanders wat "beoog om Amerikaners te bedreig".

Die VSA aanvaar nou slegs Suid-Afrikaanse vlugtelinge van die wit Afrikaner-minderheid.

Trump wil ook buitelanders in die Verenigde State voorkom wat "sy kultuur, regering, instellings of stigtingsbeginsels sal ondermyn of destabiliseer," lui die proklamasie.

Trump pas gedeeltelike reisbeperkings toe op burgers van ander Afrikalande, insluitend Nigerië, die Ivoorkus en Senegal, wat gekwalifiseer het vir die Wêreldbeker-toernooi wat volgende jaar in die VSA sowel as Kanada en Mexiko gespeel sal word.

Sokkerspelers toegelaat, maar nie hul aanhangers

Die Trump-administrasie belowe om sokkerspelers van dié lande toe te laat, maar het geen beloftes gemaak vir aanhangers van lande op die swartlys nie.

Ander Afrikalande wie se burgers voorwaardelik toegelaat word, is Angola, Benin, Gaboen, Gambië, Malawi, Mauritanië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Angola, Senegal en Zambië was almal prominente vennote van die VSA in Afrika en is deur oudpres. Joe Biden geloof vir hul toewyding aan demokrasie.

Trump sê hy soek immigrante van Noorweë en Swede, nie van 'shithole' lande

Afrikalande wat onder ´n volledige reisverbod is, is Somalië, Tsjad, die Republiek van die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Libië en Soedan.

Trump het verlede week tydens 'n saamtrek gekla die VSA kry slegs mense van "shithole” lande, terwyl hy eerder immigrante van Noorweë en Swede soek.

Trump het ook die toelating van vlugtelinge feitlik beëindig, met die VSA wat nou slegs Suid-Afrikaners van die wit Afrikaner-minderheid aanvaar.

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus   cvdw

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.