On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Vreugde vir motoriste by petrolpomp in Januarie

───   10:25 Sat, 27 Dec 2025

Vreugde vir motoriste by petrolpomp in Januarie | News Article
Foto: Facebook

Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (SEF) aan die einde van die vierde week van Desember toon motoriste kan 'n laer petrolprys in die nuwe jaar verwag.

BusinessTech berig die petrolprys het sedert die begin van die maand positief verstewig. Die verwagte verlaging word op tussen 46c en 51c per liter bereken.

Die dieselprys vaar selfs beter en 'n  afname van tot 124c en 136c per liter word verwag.

Hier is die verwagte prysveranderinge aan die einde van week vier:

Petrol 93: afname van 46c per liter

Petrol 95: afname van 51c per liter

Diesel 0.05% (groothandel): afname van 124c per liter

Diesel 0.005% (groothandel): afname van 136c per liter

Paraffien: afname van 85c per liter

Met minder as 'n week oor is 'n petrol- en dieselprysverlaging op hierdie stadium so te sê gewaarborg.

Die verlaging is te danke aan beide 'n sterker rand en 'n swakker olieprys, met beide faktore wat plaaslike motoriste bevoordeel.

Die verandering in brandstofpryse tree op die eerste Woensdag van die nuwe jaar (7 Januarie) in werking. Die departement van minerale en petroleum hulpbronne sal die amptelike veranderinge vooraf bekend maak.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM News   cvdw


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.