South Africa
Lotto-speler begin nuwe jaar R65 miljoen ryker─── 11:00 Thu, 01 Jan 2026
’n Gelukkige Lotto-speler het 2025 op ’n hoë noot afgesluit deur die nuwe jaar te begin met R65 miljoen in die sak.
Terwyl die res van die wêreld 2026 met feesvieringe en vuurwerke ingelui het, het die gelukkige wenner ’n ander rede gehad om fees te vier – as hy of sy reeds hul wenkaartjie nagegaan het. Die wennommers was 04, 05, 10, 16, 22, 45 en die bonusnommer 25.
Ithuba het geen inligting oor die wenner vrygestel nie, buiten dat die wenkaartjie gekoop is deur die Capitec-bankapp.
Buiten die R65 000 wengeld, stap drie ander Lotto-spelers elk met R25 000 weg nadat hulle kaartjies vyf van die nommers en die bonusnommer geëwenaar het.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.
OFM Nuus mvh 
