On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

South Africa

Suid-Afrika verwelkom 1 699 babas op Nuwejaarsdag

───   09:27 Sat, 03 Jan 2026

Suid-Afrika verwelkom 1 699 babas op Nuwejaarsdag | News Article
MaQueen Letsoha-Mathae, premier, besoek Nuwejaarsbabas by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Facebook

Voorlopige geboortestatistieke toon Suid-Afrika het 2026 ingelui met 1 669 babas wat in al nege provinsies op Nuwejaarsdag gebore is.

Daar is 871 meisies en 798 seuns gebore. Gauteng het die meeste geboortes aangeteken met 396 babas wat op 1 Januarie gebore is. Daar is presies 198 meisies en 198 seuns gebore. 

Die Noord-Kaap het die minste geboortes geregistreer met 50 babas wat op dié dag gebore is. Dit was die enigste provinsie waar meer seuns (28) as meisies (22) gebore is.

Vrystaat verwelkom 72 babas

Die Vrystaat het 36 meisies en 36 seuns verwelkom. Die eerste baba is om 00:20 by die Bongani-hospitaal in Welkom gebore wat ook die meeste geboortes aangeteken het – elf babas is in die hospitaal gebore.

Die laaste baba is om 23:55 gebore. Die jongste ma wat geboorte gegee het, is 16 jaar oud en die oudste 45 jaar.

Barbara  Bartlett, burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, (links) verwelkom 'n Nuwejaarsbaba in Kimberley. Foto: Facebook/Noord-Kaapse departement van gesondheid

In Noordwes is 61 meisies en 41 seuns gebore en in KwaZulu-Natal is 334 geboortes aangeteken.

Limpopo en die Oos-Kaap het onderskeidelik 234 en 208 geboortes aangemeld. Altesaam 124 meisies en 110 seuns is in Limpopo gebore en 119 meisies en 89 seuns in die Oos-Kaap.

Mpumalanga het 141 Nuwejaarsbabas (78 meisies en 63 seuns) en die Wes-Kaap het ook ‘n eweredige verdeling van 66 meisies en 66 seuns aangeteken.

‘Dag bring hoop en vernuwing’

Demograwe sê die geboortesyfers bied 'n bemoedigende beeld van die land se nuwe generasie, gebore op 'n dag wat tradisioneel met hoop en vernuwing geassosieer word. Hoewel die data beperk is tot ’n enkele dag gee dit insig in streke se geboortepatrone soos die jaar begin.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.