South Africa
Akademia-applous vir 2025 matriekklas: Bou nou voort op dié grondslag─── 13:26 Thu, 15 Jan 2026
Sponsored13:26 Thu, 15 Jan 2026
Matrieks van 2025: Terwyl meeste openbare hoëronderwysinstellings se aansoeke reeds gesluit is, bied Akademia aan jou die geleentheid om nog vanjaar jou studiereis af te skop!
Pulane Nel-Sekepe praat met Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, hieroor.
Die 2025-matriekuitslae is uiteindelik bekend, en die vreugdesvure brand hoog vanaf die Kaap tot in Musina. Vir derduisende skoolverlaters verteenwoordig dié uitslae egter veel meer as net die voltooiing van hul skoolloopbaan; dit dui óók die begin van 'n baie opwindende nuwe hoofstuk van loopbaanvoorbereiding en selfontwikkeling aan. Akademia voeg graag sy stem by die landswye gelukwense aan hierdie groep jongmense – julle harde werk, deursettingsvermoë en toegewydheid tot 'n beter Suid-Afrika maak van julle gemeenskapsbouers en verskilmakers van formaat.
Gedagtig aan die instelling se jaartema, Boustene vir ons toekoms, moedig Akademia elke nuwe skoolverlater aan om doelgerig en roepingsgedrewe aan hul loopbaan asook toekomsverwagting voort te bou. Op dié manier word 'n vrye toekoms vir elkeen in die vooruitsig gestel.
Goeie nuus!
Indien jy naskoolse studie vir 2026 oorweeg, het Akademia 'n dubbeldosis goeie nuus vir jou! Eerstens het jy, ten spyte van die feit dat die meeste hoëronderwysinstellings se studieaansoeke vir vanjaar reeds gesluit het, tot en met 30 Januarie 2026 die geleentheid om by dié instelling aansoek te doen. In die tweede plek kan jou goeie matriekuitslae vir jou 'n besparing van tot R50 000 op jou eerste jaar van studie by Akademia beteken. Die instelling beloon die goeie akademiese prestasie van die 2025-matriekklas by wyse van akademiese merietebeurse. Besoek gerus die Akademia-webblad om jou van die verskillende kategorieë asook die bepalings en voorwaardes te vergewis.
Vryheid en vorming as boustene vir die toekoms
Akademia bied aan voornemende studente die keuse tussen twee onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kampusmodel óf die nauurse afstandsmodel.
Die voltydse kampusmodel bied vir Fonties* 'n kampuservaring waar studente bedags kan klasdraf en aktief kan deelneem aan 'n bruisende studentelewe in Pretoria sowel as die Paarl. Op sy beurt bied die nauurse afstandsmodel 'n gerieflike rooster vir enige persoon met 'n besige skedule wat reeds werk of ander drome najaag. Studente wat nauurs oor afstand by die instelling studeer, het 'n keuse om vir klasbywoning by 'n nabygeleë sentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer.
Ongeag van jou gekose onderrigleermodel, bied Akademia verskeie programme oor vyf dinamiese fakulteite aan, naamlik: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid. Die instelling bied ook aan voornemende studente, wat dalk nie toelating tot die studieprogram van hul keuse het nie, 'n werkbare oplossing in die vorm van hoër sertifikate. Hierdie programme baan die weg tot toelating tot toekomstige graadstudie by Akademia en sluit onder meer in die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg, Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie en die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.
Hierbenewens spreek die instelling se georganiseerde studentelewe – wat op albei modelle gerig is – tot die vorming van studente se denke én hart om sodoende karaktervorming te fasiliteer. Dié vorming sluit die aankweek en versterking van deugde soos integriteit, wysheid, vriendskap en 'n sin vir die gemeenskap in.
Waarvoor wag jy?
“Ons boodskap aan die 2025-matriekklas is eenvoudig: Harde werk word altyd beloon,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. “As 'n instelling hoop ons dat die vooruitsig van die toekenning van akademiese merietebeurse skoolverlaters opgewonde oor hul naskoolse toekoms sal maak, en dat hulle op hierdie manier verder gestalte aan hul roepingsbesef sal gee,” meen Visser. Hy som voorts hierdie geleentheid op as 'n simboliese erkenning aan 'n nuwe geslag denkleiers, praktykkundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs.
Waarvoor wag jy? Maak die jaar 2026 een vir die boeke. Indien jy nog kopkrap oor jou studiemoontlikhede, registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie wat op Donderdag 15 Januarie sal plaasvind. Aansoeke vir voorgraadse studie sluit op 30 Januarie 2026. Akademia – jou Afrikaanse studietuiste waar denke én hart gevorm word.
* 'n Fontie is 'n student wat aan Akademia studeer.

Akademia, as onafhanklike hoëronderwysinstelling, bied ? studietuiste vir elkeen wat in 2026 hul studiereis in Afrikaans wil aanpak. Die instelling bied aan skoolverlaters die geleentheid om óf voltyds op een van die kampusse in die Paarl of Pretoria te studeer, óf om hul studies nauurs oor afstand aan te pak.
