On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

George-polisie waarsku teen vals gerugte oor vermiste tiener

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:02 Wed, 29 Jul 2026

George-polisie waarsku teen vals gerugte oor vermiste tiener | News Article
Sarah Rose Starrett se hare is kort voor haar verdwyning swart gekleur. Foto verskaf

George se polisie en GPF vra dringend mense moenie valse gerugte oor ’n vermiste tiener versprei nie.

Sarah Rose Starrett (17) word steeds vermis en die soektog duur byna twee weke ná haar verdwyning voort. In ’n plasing op sosiale media word beweer dat Sarah gevind is, maar dit is onwaar.

Die publiek moet slegs inligting deel wat deur die polisie of ander betrokke rolspelers bevestig is, sê Shawn Northey van die George-GPF. “Die polisie, George-GPF, buurtwagte en ander organisasies werk steeds onverpoos om haar op te spoor.”

Ongeverifieerde inskrywings kan die ondersoek en soektog bemoeilik; daarom vra hy dat sosialemediagebruikers plasings deeglik nagaan voordat hulle dit verder versprei.

OFM Nuus het vroeër berig Sarah het op Sondag 19 Julie omstreeks 08:00 in Maitlandstraat op Blanco spoorloos verdwyn. Sy is moontlik saam met iemand wat aan haar bekend is, terwyl elke moontlike leidraad ondersoek word.

Nog ’n belangrike leidraad is dat Sarah se blonde hare glo net ’n week voor haar verdwyning swart gekleur is. Northey het die publiek vroeër versoek om ook vir iemand met swart hare uit te kyk, aangesien sy heel anders kan lyk as op die foto’s wat versprei word.

Persone wat met haar omstandighede vertroud is, sê aan OFM Nuus sy het in ’n kinderhuis gewoon waar sy gelukkig was en goeie vordering gemaak het. Haar pa is glo nie by haar lewe betrokke nie, terwyl haar ma na bewering die reg gehad het om haar elke Sondag te besoek.

Northey doen weer ’n beroep op Suid-Afrikaners om Sarah se vermisteplakkaat aan te hou versprei en enige geloofwaardige inligting onmiddellik met die polisie te deel. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Arnold Jacobs, by 082 335 1200 kontak.

Bel George se polisie by 044 803 4733 of Northey by 082 657 4539. Die publiek word versoek om nie onbevestigde inligting oor Sarah se verdwyning te versprei nie, aangesien dit haar familie kan ontstel en die soektog kan benadeel.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.