On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Soccer

So lyk Bafana Bafana se kanse

───   09:28 Mon, 07 Dec 2009

So lyk Bafana Bafana se kanse | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. - Die agt groepe vir die 2010 Sokker Wereldbeker-toernooi in Suidd-Afrika is Vrydag aangewys, en as daar so vinning na die groepe gekyk word, kan daar half bepaal word wie verskillende groepe kan wen.

In groep A is dit Suid-Afrika, Mexico, Uruguay en Frankryk. Hoewel dit nie werklik realisties is nie, word daar tog gehoor dat Bafana Bafana bo uit sal kom, maar dan moet daar in alle eerlikheid gese word dit sal op die ou end tussen Mexico en Frankryk wees. Bafana kon in hul vorige twee toernooi nie verder as die eerste ronde vorder nie.

Groep B bestaan uit Argentinie, Nigerie, Korea en Griekeland. 'n Sterk groep maar hier behoort die Argentyne koning te kraai. Met die storm om die Argentynse afrigter Diego Maradona die laaste tyd, sal baie wil sien dat dat hulle vroeg terug Suid-Amerika toe gestuur word, terwyl daar weer die is wat sal wil sien dat Argentinie moet wys dat hulle steeds 'n krag in wereldsokker is.

Groep C, wat uit Engeland Amerika, Algerie en Slowenie bestaan is dit moeilik om te dink dat Engeland nie as wenner in die groep aangewys sal word nie. Amerika het veral in die Konfederasiebeker-toernooi in Suid-Afrika vroeer vanjaar gewys dat hul goeie sokker kan speel, maar Engeland het die beste kans sedert 1966 om weer die toernooi te wen.

Groep D behoort teen Duitsloand gewen te word. Die ander spanne in die groep is Australie, Serwie en Ghana. Die Socceroos speel ooknie te sleg nie, maar hulle kan dalk klei trap teen Ghana, maar nie een van die spanne in die groep behoort 'n bedreiging vir Duitsland te wees nie.

Groep E bevat die span wat die Afrika vasteland die beste behoort te verteenwoordig tydens volgende jaar se toernooi, Kameroen. Die span wat egter bo aan die lys staan om die groep te wen is Nederland, gevolg deur en Denemarke, met die vierde span Japan. Laasgenoemde het onlangs teen Suid-Afrika in Port Elizabeth gespeel en nie een van die twee spanne kon daarin slaag om 'n doel aan te teken nie, terwyl Japan 'n baie meer ervare span as Bafana Bafana gehad het. Denemarke behoort nietemin sterk kompetisie van die drie in die groep te kry.

Groep F behoort deur Italie gewen te word, maar dit is nog glad nie 'n gegewe nie. Die ander spanne in die groep is Paraguay, Nieu-Seeland en Slowakye. Paragfuay kan miskien nog hul stem dik maak, maar dit is waar dit in die groep sal endig.

Wat Groep G betref, is Brasilie die span om te klop. Portugal staan dalk ook 'n kans, maar dan is niks minder as 'n wonderwerk nodig, maar hulle sal nie laer as tweede eindig nie, want die ander twee spanne wat oorbly is Korea DPR en die Ivoorkus.

Groep H behoort aan Spanje, met Chile wat dalk tweede kan eindig, mits hulle die onvoorspelbare Switserland kan neutraliseer, met Honduras wat die groep voltooi. Spanje het oor die jare gewys dat hulle 'n krag in wereldsokker is, maar tog behoort Chile en selfs Switserland hulle te laat sweet vir daardie eerste plek
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.