On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

The Vine

PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS

───   01:36 Fri, 21 Mar 2014

PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS | News Article
Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
 
Bestanddele vir die stywepap
 
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel
 
Metode:
 
Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.

Bestanddele:

250 g spekvleis - fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas

Metode:

Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 °C

http://foodloversrecipes.weebly.com/braai-bykosse--spit--pannetjie-braai.html
 
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.