Wat eet ons vanaand?
Wat eet ons vanaand - Die NUWE weergawe! - Worsgebak─── 14:42 Wed, 30 Jan 2013
Worsgebak
30 ml sonneblomolie 1 ui, gekap
.jpg)
1 groen soetrissie, ontpit en gekap 10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie 500 ml kookwater
15 ml blatjang 5 ml sout
2 ml peper 500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes 300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering
.jpg)
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.
Chef Sune het basies al die bestandele gebruik. Sy het die wors met maalvleis vervang en die appelkoosstukkies met appelstukkies, en sien daar, die Worsgebak word ‘n bobotie!
(1).jpg)