On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Women's Month Blog

Leza Graaff - Dankbaarheid dryf haar

───   10:00 Wed, 24 Aug 2016

Leza Graaff - Dankbaarheid dryf haar  | News Article
Grace Bruce, Louwna Luyt en Leza Graaff met bekroning as Noord-Kaapse instansie van die jaar.

“’n Formidabele vrou en ’n mense mens. Sy’s nie net ’n goeie vroue, ma en vriendin nie. As jy iets in haar gedagtes plaas, begin voer sy dit onmiddelik uit.” Dis hoe Louwna Luyt, haar kollega, Leza Graaff van Kimberley, beskryf.


Luyt het Graaff in 1992 ontmoet toe sy as tikster by die polisie op Warrenton begin werk het.

Dié ma van twee volwasse seuns en ’n vierjarige pleeg dogtertjie, wat ook al vir Miss United Nations genomineer is, voer vandag saam met Luyt en Grace Bruce die polisie se vrouenetwerk in die diamandstad aan.

Die vrouenetwerk het talle projekte waarby hulle betrokke is. By Laerskool Diamantveld verskaf hulle minstens een keer per week kos aan sowat 100 leerders; met die Santa’s Shoebox projek samel hulle bederfboksies vir minder bevoorregte kinders in; die Sinothando-sentrum ondersteun slagoffers van verkragting en geweld in Greenpoint; en ‘Babies behind bars’ het ’n gemaklike omgewing vir swanger vroue in die Kimberley gevangenis geskep.

Graaff is ook die stiger is van ’n veilige toevlug vir mans, “House of Grace”, wat 20 inwoners het.

Die vrouenetwerk is in 2015 as die Noord-Kaapse instansie van die jaar aangewys en het hul verdienste gebruik om hul nuwe droom, die kinderhuis “Destiny House Destiny”, vlerke te gee.

Graaff, wie inspirasie put uit die dankbaarheid van ander en haar oorlede ma se leiding om te volhard, meen vroue moet besef dis maklik om te leef en nie te beleef nie. “Elke vrou moet vasklou aan haar drome. Volg jou hart en vertrou jou instinkte. Onthou by God is niks ontmoontlik nie.”

Om by enige van die projekte betrokke te raak kontak:

Leza - 083 697 9484

Louwna - 082 520 4300

Grace - 084 301 4540


Podcasts

Leza Graaf en Louwna Luyt vertel oor die SAPD se vrouenetwerk in Kimberley.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.