On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

World News

OPUL lande het genoeg olie

───   12:07 Thu, 10 Mar 2011

OPUL lande het genoeg olie | News Article

Die Organisasie van Olieproduserende Lande of OPUL, sê hy hoef nie 'n noodvergadering te hou om groter produksie te bespreek nie, omdat daar genoeg olie is. OPUL het die afgelope tyd besin of hy moet vergader weens stygende pryse en die verlies aan Libiese voorraad. Brent ru-olie se prys het intussen tot 114 dollar per vat opgeskiet. OPUL se volgende beplande vergadering is in Junie vanjaar om sy produksiebeleid in oënskou te neem. Die gevegte in Libië het daartoe gelei dat bykans tweederdes van die produksie van Afrika se derde grootste olieprodusent gestop is.


 

RSG

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.