World News
Ma wat glo kinders vermoor verskyn weer─── 06:38 Fri, 20 Jun 2014

Londen - Tania Clarence, die Suid-Afrikaanse vrou wat van die moord op haar drie gestremde kinders beskuldig word, verskyn na verwagting vandag weer in 'n hof in Londen.
Die 42-jarige word sedert haar inhegtenisneming in April in 'n hospitaal aangehou, kragtens die Wet op Verstandelike Gesondheid.
Regter Brian Barker het vroeër aanbeveel dat sy tot vandag in die hospitaal moet bly, waarna haar situasie weer hersien sal word.
Clarence word van die moord op haar driejarige tweelingseuns, Ben en Max, en vierjarige dogter Olivia, beskuldig.
Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely.
Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.
Die polisie is op 22 April om 21:30 na die gesin se vyfslaapkamerhuis in Thetfordweg, New Malden in Londen ontbied waar hulle op die kinders se liggame afgekom het. Die kinders is op die toneel dood verklaar.
Clarence is by die St George’s-hospitaal in Tooting vir snye behandel en op 24 April aangekla. 'n Pleit- en saakbestuurverhoor sal op 15 Julie plaasvind.

Sapa