Kom hardloop saam met ons en maak ’n verskil! Bethlehem Edu Centre nooi die gemeenskap uit na ’n spesiale Fun Run wat gehou word met een doel voor oë: om fondse in te samel om ’n klaskamer en sensoriese hoekie vir ons neurodiverse kindertjies in te rig. Ons droom is om ’n veilige, ondersteunende en stimulerende ruimte te skep waar elke kind die geleentheid kry om te leer, te ontwikkel en volgens hul eie unieke behoeftes te groei. Hierdie Fun Run is meer as net ’n oggend van pret en oefening. Dit is ’n geleentheid vir families, vriende, skole, besighede en die hele gemeenskap om saam te staan en ’n direkte verskil in die lewens van ons kinders te maak. Kom stap, draf of hardloop saam met ons en geniet ’n oggend vol gemeenskapsgees en ondersteuning.
Funky socks run
Venue: Vida E Cafe
| Event date: 24 October 2026, 06:00
| Area: Free State
| City: Bethlehem
| Address:
| Contact Number: 0716243706
| Contact Email: beth.educentre@gmail.com
