GEREFORMEERDE KERK BLOEMFONTEIN SUID VIER 75 JAAR! 19 – 22 November 2026 Dit is met groot dankbaarheid en vreugde dat Gereformeerde Kerk Bloemfontein Suid sy 75-jarige bestaan vier! Ons nooi al ons lidmate, oud-lidmate, vriende en belangstellendes hartlik uit om hierdie besondere feesgeleentheid saam met ons te vier. PROGRAM Donderdag, 19 November 2026 | 19:00 Orreluitvoering deur Dr. Johan Cromhout ’n Besondere aand met indrukwekkende orrelmusiek en improvisasies. Toegang is gratis! ’n Kollekte sal by die deure opgeneem word. Almal is welkom! Vrydagaand, 20 November 2026 Gesellige saamkuier en braai vir oud-lidmate en huidige lidmate. Saterdagoggend, 21 November 2026 'n Gesellige saamstap. Saterdagaand, 21 November 2026 ’n Feesdinee ter viering van ons 75-jarige bestaan. Sondag, 22 November 2026 Nagmaaldiens, waarna ons die feesvieringe feestelik afsluit met tee en verversings. OUD-LIDMATE, JULLE IS SPESIAAL WELKOM! Ons sien daarna uit om weer bekende gesigte te verwelkom, herinneringe te deel en saam dankbaar terug te kyk op 75 jaar van genade en seën. Vir besprekings en verdere inligting, kontak gerus die Kerkkantoor. Kom vier saam met ons 75 jaar van God se trou! Gereformeerde Kerk Bloemfontein Suid Soli Deo Gloria – Aan God alleen die eer!
Community Event
You are viewing: Gereformeerde Kerk Bloemfontein Suid vier ons 75 jarige verjaarsdag, Orreluitvoering deur Dr. Johan Cromhout
Gereformeerde Kerk Bloemfontein Suid vier ons 75 jarige verjaarsdag, Orreluitvoering deur Dr. Johan Cromhout
Venue: Gereformeerde Kerk Bloemfontein Suid
| Event date: 19 November 2026, 19:00
| Area: Free State
| City: Bloemfontein
| Address: hoek van Lilac en Haldon Weg, Gardeniapark
| Contact Number: 0646577373
| Contact Email: gkbloemsuid@gmail.com
