On Now
Weekdays 18:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Hoërskool Fichardtpark se Kerssangdiens in samewerking met Doxa Deo, ten bate van ENGO se projek “Kos vir Kinders vir Kersfees”

Hoërskool Fichardtpark se Kerssangdiens in samewerking met Doxa Deo, ten bate van ENGO se projek “Kos vir Kinders vir Kersfees”

Jy en jou gesin word hartlik uitgenooi om saam met Doxa Deo Suid Kampus 'n aand van Kerssang te geniet! Hierdie jaar ondersteun ons, in samewerking met Hoërskool Fichardtpark, ENGO se Kos vir Kinders vir Kersfees-projek. ENGO is 'n nie-winsgewende welsynsorganisasie in die Vrystaat wat kinders tydens die feestyd help om tyd saam met hul biologiese families of pleegouers deur te bring. Deur hierdie projek word kospakkies aan die kinders saamgegee. Benodigdhede vir die kospakkies: 2,5 kg mieliemeel 500 g suiker 2,5 kg broodmeel 400 g grondboontjiebotter 500 g sout 100 teesakkies 750 ml sonneblomolie 4 x 100 g pilchards 4 x 410 g gebakte boontjies 2 x 1 ℓ langlewemelk 200 g sojavleis 2 x 50 g soppoeier 500 g pasta 5 x 10 g gis Enige kosdonasie sal opreg waardeer word, maar is heeltemal opsioneel. Kom skop die Kersseisoen saam met ons op 'n hoë noot af! Geniet die feestelike atmosfeer, heerlike verversings wat te koop sal wees en 'n spesiale aand saam as gemeenskap. Vir meer inligting, besoek www.doxadeo.org/bloemsouth/events en klik op "Calendar". Ons sien baie daarna uit om hierdie besondere aand saam met julle te vier! Sien julle daar!

Venue: Doxa Deo Suid Kampus  | Event date:  20 November 2026, 18:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address: 29 van Iddekinge Avenue, Fichardtpark  | Contact Number:  071 624 3412  | Contact Email:  wanda.legassick@doxadeo.org
View All

News

Vlaag bomdreigemente tref skole in Italië

Verskeie Italiaanse skole is ontruim nadat byna 300 skole bomdreigemente ontvang het in ’n vlaag voorvalle wat Europa teister.  Read More


Trump-mediasteunpilaar erken haat teen hom kelder Republikeine

Die omvang van die openbare teenstand teen Donald Trump het ’n belangrike rol gespeel in die Republikeine se swaar nederlaag in die Amerikaanse middeltermynverkiesing.  Read More


Demokratiese golf spoel oor VSA in historiese verkiesing

Die Demokrate het in die Amerikaanse middeltermynverkiesing beheer oor albei huise van die Kongres verower danksy geskiedkundige oorwinnings in tradisionele Republikeinse vestings wat wyd vertolk word...  Read More


Organisasie eis ‘aftrede’ van sokkerspan se gelukbringer-arend

’n Diereregte-organisasie dring daarop aan dat ’n Britse sokkerspan sy gelukbringer, ’n lewende Amerikaanse arend, onmiddellik laat aftree.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.