OVK se Boer vir die Toekoms Dag

OVK se Boer vir die Toekoms Dag, in samewerking met ENGEN en Waaikraal Boerevereniging, vind op Dinsdag, 22 Augustus 2023, by die plaas Avondglorie, 60 kilometer vanaf Bloemfontein op die Dealesvillepad, plaas.
Dit beloof om ‘n besonderse dag te wees met sprekers wat tot elke boer se hart praat:
- Sonkrag is 'n realiteit vir die toekoms en Philip Olivier is 'n meester in die sonkragbedryf. Philip sal nuttige inligting oor dié energiebron deel.
- Die bydrae wat hommeltuie ("drones") tot die landbou-ekonomie maak, neem toe! Kas van der Merwe spesialiseer in "drones" en watter bydrae dit tot presisieboerdery-tegnologie maak. 'n Demonstrasie van verskeie "drones" sal tydens die dag plaasvind. Dit is voorwaar nie iets wat 'n landbouer wil mis nie!
- Presisieboerdery is 'n bestuursfilosofie wat onder andere tegnologie gebruik om inligting te versamel ten einde meer akkuraat te boer. Jaco Viviers is 'n kenner op die presisieboerdery-gebied en sal waardevolle inligting rakende presisieboerderystelsels bespreek.
Registrasie is noodsaaklik vir hierdie voldaggeleentheid, wat ook ‘n middagete insluit.
Besoek OVK se Facebook-blad vir meer inligting.
OFM is ‘n trotse media vennoot van OVK se Boer vir die Toekoms Dag 2023.
Advertisement