On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams
Vier OFM se 40ste met spesiale vaart!

Vier OFM se 40ste met spesiale vaart! Venue: South Africa

OFM, die klank van jou lewe vier in 2026 ’n mylpaal verjaarsdag en ons wil graag saam met jou ons 40ste in styl vier met ’n onvergeetlike bootrit! Van 20 tot 23 Februarie 2026 gaan dit kook op die MSC Opera met die Kaptein & Vriende Cruise!

Die skip vertrek vanaf Durban en vaar na die pragtige Portugese Eiland in Mosambiek, waarna dit weer terugkeer na Suid-Afrika. Hierdie unieke musiekreis beloof hope pret, partytjies en onvergeetlike musiekoomblikke op die oop see.

Sterre aan boord sluit in: Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dozi, Ricus Nel, Martin Bester, Snotkop, Dirk van der Westhuizen en Danny Smoke. Dit beloof die opskop van die jaar te wees, maak seker jy is deel van die belewenis.

Bespreek nou HIER!

Betaal net ’n deposito van R3 000 om jou plek te verseker. Onthou om die OFM40 opsie te kies wat afslag en bykomende voordele insluit.


View All

News

Gasa op rand van ‘katastrofiese hongersnood’

Ondanks Israel se onlangse aankondiging van daaglikse humanitêre onderbrekings waarsku agentskappe van die VN teen “katastrofiese toestande”, wat lei tot ’n hongersnoodkrisis in Gasa met ongekende...  Read More


Elon Musk kondig sy ‘America Party’ amptelik aan

Die Suid-Afrikaans-gebore tegnologie-miljardêr en entrepreneur Elon Musk het die stigting van ’n nuwe politieke organisasie, die “America Party”, aangekondig en daarmee sy amptelike toetrede tot die...  Read More


Staatshoofde kom byeen in Rio de Janeiro vir Brics-beraad

Alle oë is op Rio de Janeiro, waar staatshoofde en afvaardigings van regoor die wêreld verwelkom gaan word vir die 17de Brics-beraad.  Read More


Peperduur ruimtebegrafnisseremonie misluk

’n Simboliese laaste reis na die ruimte het in hartseer ontaard vir talle families in rou, toe ’n ruimtebegrafnismissie tragies geëindig het.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.