On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Amelia Nasorgsentrum Biltongfees

Amelia Nasorgsentrum Biltongfees

BILTONGFEES & GROOTSKERM RUGBY – 22 AUGUSTUS 2026! Maak gereed vir 'n dag vol lekker kuier, uitstekende biltong, groot rugby en top vermaak by Amelia Nasorgsentrum! Datum: 22 Augustus 2026 Plek: Richardsonstraat 5, Baillie Park Program: 16:00 – Hekke open & Johan Loots sorg vir die rugby build-up. 17:00 – Springbokke vs All Blacks op die grootskerm. 19:00 – Veiling met fantastiese aanbiedinge. 19:30 – Barto tree op. 21:00 – 00:00 – Kuier saam met Saam en dans die aand weg! Biltongfees begin amptelik om 18:00. Kaartjies: R500 per persoon of R5 000 per tafel (10 persone). Onthou om jou eie drinkgoed en eetgerei saam te bring. Besprekings & Navrae: Karin Smith: 083 395 3873 Amelia Kantoor: 018 290 5543 Kom geniet 'n onvergeetlike aand van rugby, heerlike biltong, musiek en gesellige kuier – alles ter ondersteuning van Amelia Nasorgsentrum. Moenie uitmis nie!

Venue: Amelia Nasorgsentrum  | Event date:  22 August 2026, 16:00  | Area:  North West  | City:  Potchefstroom  | Address: 5 Richardson Street, Baillie Park  | Contact Number:  018 290 5543  | Contact Email:  admin@amelianasorg.co.za
View All

News

Uganda begin noodvoedsel uitdeel nadat mense van honger sterf

Uganda het met ’n grootskaalse noodvoedselhulpprogram begin nadat minstens 19 mense in die droogtegeteisterde Karamoja-streek van die honger gesterf het. Minstens 1,5 miljoen inwoners sukkel weens...  Read More


Busbestuurder help Britse DBV persoon opspoor wat vreesbevange apie agterlaat

Die bestuurder van ’n Londense bus en personeel van die vervoermaatskappy Metroline help die Britse DBV om die persoon op te spoor wat ’n marmosetapie in ’n sak op ’n bus agtergelaat het.  Read More


Daniel Ortega skrap Nicaragua se verkiesings, versterk familiebewind

Nicaragua se president het aangekondig dat die land nie weer verkiesings sal hou nie.  Read More


JD en Usha Vance maak geskiedenis met vierde kleinding

Die VSA se adjunkpresidentspaar, JD en Usha Vance, het Sondag (19/7) die geboorte van hul vierde kind, Alec Neel Vance, aangekondig.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.