On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Lewende Woord Bloemfontein KruisKidz Fliekaand

Lewende Woord Bloemfontein KruisKidz Fliekaand

Is jy op soek na ’n aktiwiteit wat julle as gesin saam kan geniet? Kom kuier op Vrydag 21 Augusuts saam by Lewende Woord Bloemfontein Kruiskidz se fliekaand. Nie net gaan ons The Lion King 1½ op die groot skerm geniet nie, maar die kinders kan uitsien na heerlike karnavalspeletjies. Kaartjies kos slegs R80 per persoon en sluit in: springmielies, worsbroodjie en koeldrank. Daar sal ook slush puppies en spookasem te koop wees. Bring die hele gesin. Nooi jou vriende, bure en maats van ander gemeentes. Almal is welkom. Moenie net by ander hoor hoe lekker dit was nie, wees daar. Bespreek jou kaartjies vandag. Ons sien daarna uit om hierdie aand saam met julle te geniet! Indien ouers nie saam kan kom nie, kan die kinders net afgelaai word. Kinders jonger as 7 moet egter deur 'n ouer vergesel word. Navrae: Elizma Kriel. Bespreek jou kaartjie by Quicket: https://www.quicket.co.za/events/379867-fliekaand/#/

Venue: Lewende Woord Bloemfontein  | Event date:  21 August 2026, 17:30  | Area:  Free State  | City:  Langenhovenpark; Bloemfontein  | Address: Faan Ferreira laan 20A  | Contact Number:  082 773 41 03
View All

News

Uganda begin noodvoedsel uitdeel nadat mense van honger sterf

Uganda het met ’n grootskaalse noodvoedselhulpprogram begin nadat minstens 19 mense in die droogtegeteisterde Karamoja-streek van die honger gesterf het. Minstens 1,5 miljoen inwoners sukkel weens...  Read More


Busbestuurder help Britse DBV persoon opspoor wat vreesbevange apie agterlaat

Die bestuurder van ’n Londense bus en personeel van die vervoermaatskappy Metroline help die Britse DBV om die persoon op te spoor wat ’n marmosetapie in ’n sak op ’n bus agtergelaat het.  Read More


Daniel Ortega skrap Nicaragua se verkiesings, versterk familiebewind

Nicaragua se president het aangekondig dat die land nie weer verkiesings sal hou nie.  Read More


JD en Usha Vance maak geskiedenis met vierde kleinding

Die VSA se adjunkpresidentspaar, JD en Usha Vance, het Sondag (19/7) die geboorte van hul vierde kind, Alec Neel Vance, aangekondig.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.