On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Yvette
Listen Live Streams

Local News

Een dood, vier beseer in NW plaasaanval

───   16:48 Fri, 30 Nov 2012

Brits - 'n Bejaarde man is dood, en nog vier mense is beseer tydens 'n gewapende rooftog op 'n plaas buite Brits in Noordwes. Volgens Baily Telanie, 'n polisiewoordvoerder, is 'n 74-jarige man dood nadat hy drie keer in die bors geskiet is. 'n Vrou van 94 is met 'n braaipan gebrand. Na berig word is nog twee bejaarde mans en 'n 16-jarige seun onderskeidelik geskiet en met 'n mes gesteek. Die vier verdagtes het weggekom met kontant, selfone, skootrekenaars en vuurwapens. Die polisie kon nog nie bereik word vir komentaar nie.

SAUK

More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.