On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Honderde byeen vir NK-polisieman se gedenkdiens

───   09:00 Thu, 01 Oct 2020

Honderde byeen vir NK-polisieman se gedenkdiens | News Article
Brigadier Sampie Koopman/Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en lede van die gemeenskap in die ZF Mgcawu-streek kom tien-uur vanoggend by die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington byeen om hulde aan die ontslape brigadier Sampie Koopman te bring.


Die gedenkdiens, wat deur die plaaslike polisie gereël is, kom nadat Koopman sy stryd teen Covid-19 verloor het.

Koopman word Saterdag ter ruste gelê.

Brigadier Johhny Besnaar het Koopman se heengaan betreur en die gemeenskap gevra om tydens die gedenkdiens sy nalatenskap te onthou.

Die diens gaan, volgens die polisie, tot slegs vyf-honderd mense beperk word.

Inwoners word aangeraai om hulle maskers te dra en sosiale distansiëring tydens die geleentheid toe te pas.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.