Central SA
NK-kunstenaar se vrou gevonnis ná sy moord─── 15:51 Tue, 30 Nov 2021

Die 33-jarige Sophia Meyer, wat van die moord op haar man - die wêreldbekende landskapskilder Walter Meyer - aangekla is, is in die Upington-streekhof gevonnis en 12 jaar gevangenisstraf opgelê.
NK-kunstenaar se vrou gevonnis ná sy moord
Die 33-jarige Sophia Meyer, wat van die moord op haar man - die wêreldbekende landskapskilder Walter Meyer - aangekla is, is in die Upington-streekhof gevonnis en 12 jaar gevangenisstraf opgelê. Streeklanddros Malcolm Viewe het Meyer op 22 September vanjaar skuldig gevind en die vonnisoplegging is weens tegniese probleme met toerusting in die hof uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die staat het Meyer se pleitverduideliking verwerp en sy is aan moord skuldig bevind. Sy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar opgeskort is.
OFM-nuus/Roderick Titus