National
Video: Nigerië-ineenstorting: Ses ontslaan; nóg oorlewendes land by OR Tambo─── 06:16 Thu, 25 Sep 2014

Johannesburg - Ses Suid-Afrikaners wat beseer is toe 'n gebou in Nigerië ineengestort het, is uit die hospitaal ontslaan.
Dr. Mathabo Mathebula, adjunk uitvoerende hoof van die Steve Biko Akademiese Hospitaal het gesê nie een van die 25 persone is besmet met enige gevaarlike virus nie.
Ongeveer 115 mense, waaronder 84 Suid-Afrikaners is dood en talle vasgekeer toe 'n gastehuis by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations op 12 September in Lagos ineengestort het. Ongeveer 350 Suid-Afrikaners was in Lagos om die kerk te besoek toe die tragedie plaasgevind het.
Altesaam 25 oorlewendes het Maandag in Suid-Afrika geland en is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Hendriette Bogopane-Zulu, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die pasiënte word 48 uur lank gehou om seker te maak dat hulle nie met enige virusse besmet is nie. “Almal uit Lagos word vir 48 uur lank dopgehou,” het sy gesê. Naasbestaandes van die oorlewendes het elk slegs ongeveer vyf minute gehad om met hul geliefdes te kommunikeer.
Twee van die 25 pasiënte is glo steeds in 'n kritieke toestand en 'n paar ander het ernstige beserings opgedoen. “Talle het gebreekte arms en bene,” het sy gesê. “Meeste is vroue.”
Mathebula het bygevoeg al die oorlewendes het traumaberading in die hospitaal ontvang.
Intussen berig die SAUK dat nog 38 Suid-Afrikaners Woensdagoggend in Suid-Afrika geland het. “Hulle is vinnig deur sekuriteit en die polisie weggeneem nadat hulle by OR Tambo geland het om berading te ontvang,” het die uitsaaier berig.

Sapa