Local News
Theunissen-plaasmoord: Huis verwoes in brand─── CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Mon, 12 Jan 2015

Theunissen - Die seun van die eienaar van die plaas waarop Martie Bester se lyk in die brandende plaashuis gevind is, sê hy het omstreeks 06:30 vanoggend ‘n oproep ontvang dat daar rook by die huis se dak uitkom.
Die man, wat verkies om anoniem te bly, sê hy het hom na die brandende huis gehaas en het dadelik opgemerk dat die 68-jarige Bester se bakkie nie daar is nie. Hy het vermoed sy kan in die brandende huis wees omdat sy nooit gereis het nie.
Volgens hom het Bester alleen in die huis gebly en op ‘n kleinskaal geboer nadat haar man ‘n paar jaar gelede oorlede is.
Hy sê die verdagtes het vermoedelik die huis en veevoer in ‘n stoor naby die plaashuis aan die brand gesteek.
Nooddienste is ontbied waarna die brand geblus is. Die huis is egter in die brand verwoes. Die plaas is 10km noord van Theunissen.
Dit huis is teen ‘n teerpad geleë.
Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.
Bester se bakkie is later elders op die plaas gevind. Die bakkie is ook aan die brand gesteek.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus