On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

LUISTER: Bainsvlei-moordhuis was goed beveilig

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 15:43 Thu, 09 Apr 2015

Bloemfontein - Mense moet voordurend ektra versigtig en parraat wees, want niks verhoed booswigte om by jou huis in te kom as hulle dit ten doel het nie.

So meen Dennis Casten, ‘n familievriend van die vermoorde tiener, Noeline Koekemoer, nadat die gr.10-leerling aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein Dinsdag in hul woonstel op ‘n kleinhoewe buite die stad vermoor is. Sy is vermoedelik verkrag en verwurg.
 
Haar ma Natasha, ‘n areabestuurder by ‘n plaaslike skoonmaakdiens, bly tydelik by Casten en het nog nie weer die moordtoneel besoek sedert sy Dinsdagmiddag na werk op haar dogter se lyk afgekom het nie.
 
Casten beskryf die voorval as onwerklik. Hy sê sy hart bloei vir ander slagoffers wat al deur dieselfde trauma is. Volgens hom was die woonstel genoegsaam beveilig, maar dit het nie verhoed dat die weerlose Koekemoer in die fleur van haar lewe vermoor is nie.
 
LUISTER NA CASTEN IN BULLETIN ONDER 
 
Die polisie se Chaka Marope het vroeër bevestig ‘n klag van moord, verkragting en huisbraak word ondersoek. Volgens hom is nog niemand in hegtenis geneem nie. Dit is ook onduidelik hoeveel verdagtes betrokke was.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 
 

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.