On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Local News

Noeline Koekemoer-moord: Verdagte verskyn weer

───   OWEN KOCK 08:45 Wed, 22 Jul 2015

Noeline Koekemoer-moord: Verdagte verskyn weer | News Article

Bloemfontein - Die hoof verdagte in die moord op die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bainsvlei se saak hervat na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof.

Koekemoer se ma Natasha het op 7 April op haar bebloede lyk in hul woonstel op ‘n hoewe in Bainsvlei afgekom.
 
Die hof het tydens 'n vroeëre verskyning gehoor dat die verdagte in Delportshoop in die Noord-Kaap aan gewapende roof skuldig bevind en ‘n vonnis van 12 jaar opgelê is.
 
Hy is in Maart 2013 op parool vrygelaat en sal gevolglik die res van sy vonnis nou in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein uitdien. Hy het ook ‘n saak van huisbraak hangende teen hom.
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.