On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Trust sal Metsi Masho-oord bestuur

───   CATHY DLODLO 17:13 Mon, 19 Oct 2015

Trust sal Metsi Masho-oord bestuur | News Article

Qwaqwa - Die Metsi Masho-oord in Qwaqwa, wat deur die nasionale departement van toerisme teen ‘n koste van meer as R53 miljoen gebou word, gaan deur ‘n gemeenskapstrust bestuur word sodra dit voltooi is.

Die trust is volgens minister Derek Hanekom reeds geregistreer. Hanekom het in ‘n antwoord op ‘n vraag van DA LP, Patricia Kopane, gesê dat die grond waarop die oord gebou word, aan die gemeenskap behoort.

Die eienaarskap en verantwoordelikheid vir die oord gaan, met die steun van die plaaslike munisipaliteit, by die trust berus.

Hanekom sê sy departement gaan die trust bystaan met die tenderprosedure vir die aanstelling van ‘n private maatskappy wat die oord gaan bestuur.

Die eerste fase van die projek van meer as R25 miljoen is reeds voltooi en die tweede fase van meer as R28 miljoen gaan na verwagting in Januarie volgende jaar klaar wees.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.