Local News
Talle mense sak toe op Springbok om Namakwaland se jaarlikse blomskouspel te ervaar─── 07:18 Wed, 19 Aug 2015
Springbok - Talle mense het hulle in Springbok in die Noord-Kaap tuisgemaak om Namakwaland se jaarlikse blomskouspel te ervaar.
Marius Maas, bestuurder van die Springbok Lodge, sê alhoewel minder besprekings vanjaar gemaak is, is daar reeds honderde mense by die Lodge wat die pragtapyt wil besigtig.
Maas sê terwyl die reën op die regte tyd vanjaar gekom het, wag hulle vir die opvolg reën om te verseker dat die blomme tot hul volle potensiaal ontwikkel.
Mark Steenbok/OFM-nuus
Marius Maas:
