Local News
Boshof-plaasaanval: Werkers en hul gesinne vrees vir hul veiligheid─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:53 Wed, 09 Sep 2015
Boshof - Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van poging tot moord nadat ‘n boer, Douglas Pope, van Boshof gister by sy plaashek by ‘n grondpad vanuit ‘n bewegende motor geskiet is.
Die polisie soek nog na drie mans in verband met die voorval. ‘n Plaaswerker wat die afgelope 20-jaar vir Pope werk, Hendrik Seretsi, sê hy het gisteroggend groot geskrik toe sy gewonde werkgewer by die opstal aankom nadat hy ‘n hele ent verder by sy plaas se hek geskiet is.
Seretsi het saam met Pope se seun Douglas gery om Douglas Senior, wat van agter in die regtersy geskiet is, na die Mediclinic Gariep in Kimberley te bring. Hy sê plaaswerkers en hul gesinne is bekommerd oor die toenemende aanvalle op plase en vrees vir hul veiligheid.
Intussen sê polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, nog niemand is in hegtenis geneem weens die moord op ‘n bejaarde Oos-Vrystaatse plaasbestuurder by Harrismith verlede maand nie. Robert Rhadebe en sy vrou Martha is op die plaas Silo in hul huis met messe aangeval. Robert is op die toneel dood, terwyl Martha, wat ook steekwonde opgedoen het, hulp by ‘n nabygeleë huis gaan soek het.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Mmako Mophiring:
