On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Local News

Voedselvergiftiging raak 80 by Vrystaatse oord

───   MARK STEENBOK 14:18 Tue, 08 Mar 2016

Voedselvergiftiging raak 80 by Vrystaatse oord  | News Article

Ventersburg - Sowat 80 mense het voedselvergiftiging opgedoen by die Aldam-oord naby Ventersburg in die Vrystaat.


ER24 is ontbied en het pasiënte aangetref wat kla van erge maagpyn en braking.

Agttien van die mense is na die Bongani- en Katleho-hospitaal geneem. Dit is nog nie duidelik wat die vergiftiging veroorsaak het of wie die spyseniers was nie.

'n Dokter is per vliegtuig na die toneel geneem om paramedici by te staan.

Oordbestuurder, Nehan Ungerer, sê 'n groep van Love Life het 'n konferensie bygewoon toe hulle siek geword het. Die oord sal 'n verklaring uitreik nadat mediese verslae ontvang is.  


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.