On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Local News

VS regering gaan ondersoek na gesondheidsdienste instel

───   CATHY DLODLO 15:08 Wed, 18 May 2016

VS regering gaan ondersoek na gesondheidsdienste instel | News Article
Sam Mashinini/Foto: Mark Steenbok (OFM Nuus)

Bloemfontein - Die Vrystaatse provinsiale regering gaan die stand van gesondheidsdienste in die provinsie ondersoek.

Dit volg nadat ‘n afvaardiging van die Treatment Action Campaign (TAC) vandag met die provinsiale kabinet vergader het.

Anele Yawa van die TAC sê die tekort aan medikasie, skorsing van gesondheidswerkers en onbevoegdheid van die LUR vir gesondheid, Benny Malakoane, was op die agenda vir die vergadering.

LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Sam Masinini, het die media ná die vergaderingnamens die provinsiale kabinet toegespreek.

Hy sê in 'n vergadering wat op 11 Mei plaasgevind het, het dit duidelik geword dat die uitvoerende bestuur op die saak moet begin fokus. Hy het ontken dat die departement tot dusver nie doeltreffend ten opsigte van die gesondheidskrisis in die provinsie opgetree het nie.


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.