Your Weekend Breakfast Recipe - "LOCKDOWN" POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELKSOUS
06:54 Sun, 29 Mar 2020
Your Weekend Breakfast Recipe - "LOCKDOWN" POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELKSOUS | News Article
Ek (Pieter Venter) het lanklaas drange gehad. Totdat ek vanoggend hierdie gesien het.... NB: Jy sal op hierdie stadium jou eie brooddeeg moet maak a.g.v. die inperking. Bly tuis en leer hoe. Gebruik sommer Google :-)
  • 1 pak brood deeg
  • Sous:
  • 1.5 liter melk
  • 8 tot 9 knoffel huisies (na smaak 8-9, is lekker sterk)
  • vars pieterselie
  • bietjie strooisuiker (of na smaak net om die ergste knoffel smaak te breek)
  • 2 eetlepels botter
  • sout, peper en paprika na smaak


Rol die brood deeg in balletjies en pak in ‘n ysterpot. Meng die sous en gooi oor die bolletjies, sit op die vuur en bak tot gaar. Vuur nie te warm nie, maar melk mengsel moet rustig kook.  Dit bak so 45 min op die vuur. Ek het een oop gebreek om te sien of die deeg gaar is binne.
Moet nie al die sous weg kook nie, wanneer ek bedien sny ek die broodjie oop en smeer nog bietjie sous binne in ook.

Nota:
Omdat jy met melk kook moet die pot baie groter wees as nodig want dit kook gou oor. Ek lig die deksel maar net effens sodat dit nie te erg oorkook nie. Ek draai die bolletjies glad nie. Ek los dit net so.


Bron: Your recipe blog


Your Weekend Breakfast Recipe is made possible by Kloppers.


TJR - Fitness with Theo
Posted on: 05 Jun 2020
Life Hacks
Posted on: 05 Jun 2020

  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
;
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more