A Slice of Life
Dames dit is Bobby van Jaarsveld naweek *sug* :)─── 12:04 Fri, 06 Feb 2015

Dis Bobby van Jaarsveld-naweek op OFM! Skakel in om sy beste songs te hoor asook die kodewoord te hoor wat jy nodig gaan hê om in te skryf vir die R1000-trekking! Bobby van Jaarsveld sing al van skooldae af en ousus Karlien is ook ’n bekende sanger.
Maar Bobby hou ook sy lyf akteur en is in 2010 in die musiekblyspel – ‘Liefling die Movie’ gesien. Hy’t die rol gespeel van die held, Jan. Die fliek is ’n aanpassing van die destydse ‘Liefling’ waarin Gé Korsten gespeel het. Liefling is deur Linda Korsten, Gé Korsten se dogter, vervaardig en sy het dit aan hom opgedra. Die rolprent se webtuiste beskryf dit as die eerste grootskerm Afrikaanse musiekblyspel in meer as 30 jaar. Hier is die lokprent!
Bron: Wikipedia