On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Ekonoom praat oor landboumarkvooruitsigte

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 29 Apr 2021

Ekonoom praat oor landboumarkvooruitsigte | News Article

Vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse landboumarkte is onlangs tydens ‘n werksessie bespreek.

Uitvoermarkte en die styging in graanpryse is van die onderwerpe wat bespreek is. Prof. Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, was deel van hierdie werksessie en gee in vandag se insetsel terugvoering oor hoe vooruitsigte vir die landbousektor lyk. 

Sien onderstaande PODCAST

Sterk Rand

Willemse sê wat eerste tydens die werksessie bespreek is, is die sterk Rand. 

Daar is ‘n paar faktore wat die sterk Rand op die oomblik ondersteun.

Die eerste drywer hiervoor is, volgens Willemse, dat die Rand redelik versterk het en dit kan toegeskryf word aan ‘n hoë korrelasie tussen mineraal- en ertspryse en die Rand. Dit beteken dat as ertspryse styg, verdien Suid-Afrikaanse myne meer Dollars met hulle uitvoer.

Willemse verduidelik dat die tweede faktor wat bydra tot die versterking in die Rand die groot rentekoers verskil tussen Suid-Afrika en ander lande is. Hy voeg by dat die plaaslike staatseffekte-rentekoers bietjie minder as 10% is. Wat die beleggers dan doen, is dat hulle geld oorsee leen teen baie lae rentekoerse en dan koop hulle van die plaaslike staatseffekte wat ook help met die versterking van die Rand, sê Willemse.

Nog ‘n belangrike faktor is dat Suid-Afrika vir die eerste keer in sowat 10 jaar ‘n surplus op die lopende rekening het. Dit beteken dat die land baie meer uitvoer as wat dit invoer en dit dra ook by tot die versterking van die Rand.

Daarmee saam sê hy dat die sitrusbedryf een van die land se grootste landbou-uitvoerbedrywe is. Dit, soos hierdie uitvoer in 2020 wat sowat R28 miljard beloop het. Daar is verwagtinge dat die sitrusbedryfuitvoer in 2021 sowat R35 miljard sal beloop.

Willemse sê ekonome voorspel dat die Rand vir die res van die jaar tussen R14,00 en R15,00 sal wissel.

LEES: Groot kommer oor Landbank, sê Ekonoom

Graanpryse

“Daar is ‘n skerp styging in graanpryse op die oomblik en dit word hoofsaaklik gedryf deur droogtes in Amerika waar die plantproses ernstig vertraag word, en ook Braslilië waar hulle tweede graanoes ernstig vertraag word as gevolg van droogtes,” verduidelik Willemse.

Dit het tot gevolg gehad dat graanpryse nou tot ‘n agt jaar hoogtepunt gestyg het en ekonome verwag dat pryse daar sal bly tot ná die Amerikaanse oestyd.

Willemse sê hierdie hoë graanpryse veroorsaak dat plaaslike mielie- en soja-oliekoek pryse baie duur is, wat intensiewe veeboere negatief raak. Inteendeel, hoë pryse is ‘n voordeel vir graanboere, deel hy verder.


 

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.