Agri Hour
#LandbouHoop: Roeier trots nadat hy 2 200km op Oranjerivier voltooi─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 27 May 2021
Edward-John Hill van ‘Kayak for Charity’ het vandeesweek 2 200 km in sy kajak op die Oranjerivier voltooi.
Hill het dié uitdaging, om geld in te samel vir onder meer droogtehulp, op 1 April in Lesotho begin waar hy na Namibië – sy eindbestemming - geroei het.
Sien onderstaande PODAST
Hill beklemtoon dat hy trots is op die feit dat hy die rit kon voltooi ten spyte van uitdagings.
OFM-nuus het berig dat hy alles moes stop nadat stormsterk-winde vroeër vandeesmaand daartoe gelei het dat hy sy kajak en toerusting verloor het. Hy het by sy huis in Langebaan in die Wes-Kaap aangesterk en weer die rit aangepak.
Hill het 2 200km in sy kajak aangepak om fondse te werf om boere regoor die land te help wat onder erge droogte gebuk gaan. “Ongelukkig het ons nie die fondse gewerf wat ons sou wou nie, en die projek eintlik as ‘n flop bekend staan,” sê hy.
Hill sê daar is nog projekte in die pyplyn om fondse vir droogtehulp in te samel. Net soos hierdie projek, gaan Hill weer hande met Chris van Beljon se Boere Droogtehulp SA NPC vat.
Hy versoek diegene wat saam ‘n verskil wil maak, of selfs nog ‘n idee het vir ‘n uitdaging, om ‘n boodskap op sy Facebook-blad – Bean Extreme – te los.
Vir die bankbesonderhede en meer inligting besoek Boere Droogtehulp se Facebook-blad of die webtuiste: www.boeredroogtehulpsa.org. Om direk kontak met Van Beljon te maak, stuur 'n WhatsApp boodskap na 082 961 6620.
OFM-nuus
