On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogtehulp: Roeier praat oor ervaring op Oranjerivier

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 06 May 2021

#Droogtehulp: Roeier praat oor ervaring op Oranjerivier | News Article
FOTO: BEAN EXTREME (FACEBOOK)

Edward-John Hill, wat op 1 April 2 200 km vanaf Lesotho tot Namibia op die Oranjerivier vir liefdadigheid begin roei het, sterk tans by sy huis in Langebaan in die Wes-Kaap aan.

Hill, ook bekend as Bean, het reeds byna 2 000km geroei, maar moes vandeesweek eers alles stop nadat stormsterk winde daartoe gelei het dat hy sy kajak en toerusting verloor het. 

Sien onderstaande PODCAST

Dit was donker, koud en die wind het sterk gewaai, en nadat hy reeds 1 700 km geroei het, was sy liggaam seer.

Hill vertel hoe sy kajak in die wemelende water omgekeer het, waarna hy in ‘n maalgat beland het.

Nadat hy vir ‘n aantal minute baklei het om uit die gat te kom het hy uiteindelik daarin geslaag om uit die water te kom.

“Ek het die besluit geneem om hulp te gaan soek. Ek kon onthou ek het ‘n ent vroeër verby ‘n wit huis aan die Namibiese kant [geroei], en het besluit om na die huis te loop. Toe ek oor is en ek kom op die berg rand, het ek ‘n village gesien…

“Die mense het my toe ingevat en my omtrent nog 2km oor die berg gevat na ‘n plaasboer toe waar ek oornag het. Hulle het my kos gegee en is weer die volgende oggend terug na my span toe,” vertel Hill.

LEES: #Droogtehulp: Man roei steeds in kajak ten spyte van uitdagings

Hy sê sy kajak het drie dae gelede uitgespoel maar dat dit herstel moet word voordat hy oor sowat ‘n week en ‘n half weer die uitdaging gaan aanpak.

Hy is vasberade om die 2 200km-reis op die Oranjerivier te voltooi.

Hill sê die rit was van dag een af uitdagend aangesien die wind sterk was en daar sekere dele van die rivier was wat onbekombaar was. Daar was selfs dae wat hy geen kontak met mense gehad het nie.

Ná dag agt op die water, en teen hierdie tyd terug in Suid-Afrika, sê Hill het dinge beter begin gaan, maar die wind was steeds ‘n groot uitdaging.

LEES: #Droogtehulp: Boere steeds in nood

Hill het ook in Orania gestop om die ouers van die 19-jarige Klarissa Joubert, wat vroeër vanjaar in dié rivier verdrink het, te ontmoet ter nagedagtenis van hul dogter. “Dit was ‘n baie groot hoogtepunt gewees van my. [Dit was] baie emosioneel, maar dit was ‘n baie spesiale dag gewees,” sê hy.

Die mense langs die oewers was baie vriendelik en het selfs nou en dan vir hom koeldrank aangebied, sê Hill.

OFM-nuus het vroeër berig dat hierdie besonderse uitdaging in samewerking met Chris van Beljon se Bring Hoop-projek is om fondse te werf vir, onder andere, boere wat onder erge droogte gebuk gaan. Van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, het aan OFM-nuus gesê dat hoewel groot dele van die land goeie reënval aan die begin van die jaar ontvang het, is daar steeds gedeeltes wat min tot geen reën ontvang het nie.

Vir die bankbesonderhede en meer inligting besoek Boere Droogtehulp se Facebook-blad of die webtuiste: www.boeredroogtehulpsa.org. Om direk kontak met Van Biljon te maak, stuur 'n WhatsApp boodskap na 082 961 6620.

Volg Hill se rit hier: Kayak for Charity



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.