On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

VS boere spandeer meer as R6 miljoen op paaie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 08 Jul 2021

VS boere spandeer meer as R6 miljoen op paaie | News Article

‘n Opname wat onlangs deur Vrystaat Landbou (VL) onder sy lede gedoen is, toon dat boere vanjaar reeds R6 miljoen gespandeer het om paaie in die provinsie op te knap.

Boere het provinsiale sowel as munisipale paaie herstel. 

Sien onderstaande PODCAST

Esterhuyse sê die organisasie het met die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer in gesprek getree oor die stand van paaie in die provinsie.

Hy deel ook dat die swak toestand van paaie nie net ‘n nadeel vir die kwaliteit van produkte wat vervoer word is nie, maar ook vir die veiligheid van mense. Dit, soos motoriste hulle lewens op hierdie paaie kan verloor omdat hulle vir slaggate uitswaai.

Intussen sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, in ‘n verklaring dat, “weens die gebrekkige regeringsvermoë en traagheid om paaie te herstel, word boere toenemend gedwing om dit self te doen.”  

LEES: Agri MEC answers questions on FS roads

Beide Wilken en Esterhuyse is van mening dat boere selfs meer as R6 miljoen gespandeer het omdat daar padwerke is wat boere uitgevoer het wat nie aan die organisasie tydens die opname gerapporteer is nie.

“Indien geleentheidskostes, produksie-tydsverliese, slytasie op toerusting, en voertuigherstelwerk bygereken word, sou die bedrag veel hoër gewees het.”

Esterhuyse sê dit blyk asof Noord-Oos Vrystaat die ergste geraak word.

LEES: Ficksburg-gemeenskap tevrede met uitkoms van betoging oor paaie

“Briewe is al herhaaldelik met LUR’e en Ministers gewissel ten einde die strukturele probleem in die departement aan te spreek, sonder sukses. Ongelukkig ly die goeie werkverhoudings op grondvlak tussen boere en paaie-amptenare daaronder weens die versuim om daadwerklike oplossings op provinsiale vlak te bied. VL is daarom in die proses om regsadvies in te win ten einde [oplossings] vir die probleem daar te stel.”



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.