On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Ficksburg-gemeenskap tevrede met uitkoms van betoging oor paaie

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 24 Mar 2021

Ficksburg-gemeenskap tevrede met uitkoms van betoging oor paaie | News Article
Foto: Verskaf

Die gemeenskap van Ficksburg, wat verlede week betoog het teen die toestand van paaie in en om die dorp, sê hulle is tevrede met die reaksie wat hulle ontvang het van die plaaslike regering.

Friedl von Maltitz, ‘n boer en streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê dit volg nadat die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, Ficksburg besoek het om na inwoners se griewe oor paaie in die omgewing te luister. 

Sien onderstaande PODCAST

Inwoners het Woensdag, 17 Maart betoog teen die toestand van die R26-pad wat strek van Ladybrand na onder meer Bethlehem, sowel as ander paaie wat grondpaaie insluit.

Von Maltitz het voorheen aan OFM-nuus gesê paaie is nie begaanbaar vir swaar voertuie nie en boere sal nie graan na silo’s kan vervoer nie. “Daar is mense wat daagliks op hierdie paaie papwiele kry… en ongelukke wat veroorsaak word want almal swaai uit vir al die slaggate. Dis ‘n uiterse gevaarlike situasie," sê hy.

Die betoging, wat taxibestuurders en plaaslike besighede ingesluit het, het vrugte afgewerp. Dit volg nadat daar op 2 Maart ‘n brief aan die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, oorhandig is. Daarin het die gemeenskap geëis dat daar dringend met hulle vergader moet word oor die toestand van veral paaie.

Von Maltitz deel dat die provinsiale LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, die dorp dieselfde dag besoek het en hy het onderneem dat slaggate op die R26 onmiddellik herstel moet word en dat die Hammonia-pad dadelik geskraap moet word en as ’n grondpad moet dien.

Daar is reeds Vrydag met herstelwerk op paaie begin en hiervoor sê Von Maltitz is hulle dankbaar.

Hy sluit af deur te sê dat dit goed was om te sien hoe die hele gemeenskap saam kon staan om die betoging ‘n sukses te maak.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.