On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

SA melkbedryf presteer optimaal ten spyte van huidige omstandighede

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 04 Aug 2021

SA melkbedryf presteer optimaal ten spyte van huidige omstandighede | News Article
FOTO: REPUBLIKEIN.COM.NA

Die Suid-Afrikaanse melkbedryf is kerngesond.

Só sê Nico Fouché, hoof uitvoerende beampte van Melk SA. 

Hy het in ‘n onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard, oor hoe dit tans in die bedryf gaan, gesê dat die gemiddelde roumelk-produksie in die land die afgelope 12 jaar met sowat 2,26% jaar-op-jaar gestyg het. 

Sien onderstaande PODCAST

Hierdie konstante produksiestyging toon ‘n totale styging van sowat 30,6%.

Daarmee saam deel Fouché dat die produksie van roumelk in 2020 sywaarts beweeg het en dat melkproduksie egter gedurende die eerste ses maande van 2021 'n afname van 3,3% getoon het.

Hy sê dié afname is kommerwekkend omdat dit ‘n aanduiding is dat die verbruiker se besteebare inkomste nie is wat dit voorheen was nie. Dit, soos verbruikers nou meer versigtig is met wat hy sy geld op spandeer.

LEES: Suiwelboere in trane weens roumelk wat hulle moes uitgooi gedurende KZN-onrus

“Die ekonomie presteer nie goed nie. Ons het gesien voor 2020 het die ekonomie baie gesukkel en in 2020 het die Bruto Binnelandse Produk (BBP) met 7% gedaal. Ten spyte daarvan het die vraag na suiwelprodukte bly styg gedurende die grendeltydperk van 2020.

“So, dit gee ons baie moed in die bedryf want dit gee vir ons ‘n aanduiding dat die verbruikers glo in suiwel as ‘n kritiese voedselproduk in [hulle] daaglikse dieet,” sê Fouché.

Hy bly egter optimisties en sien uit na wat voorlê vir die bedryf in die laaste ses maande van die jaar, aangesien produksie na verwagting sal toeneem.

Intussen deel Fouché ook dat Suid-Afrika een van die min lande in die wêreld is waar vraag en aanbod nog in balans is. Hy sê die melkbedryf toon ook op ‘n gemiddelde basis ‘n konstante groei in beide vraag en aanbod.

Vir meer inligting, besoek Melk SA se webtuiste



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.