On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Kostes van boerderyversekering en wat jy in ag moet neem

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 18 Aug 2021

Kostes van boerderyversekering en wat jy in ag moet neem | News Article

Dit is baie belangrik om alle risiko’s te bespreek met jou makelaar en dat die boer ‘n makelaar kry wat sy risiko’s verstaan en dan vir hom die regte advies kan gee.

Dit is volgens Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB. 

Sien onderstaande PODCAST

Wat moet boere in ag neem wanneer produsente boerderyversekering uitneem?

“Dit is baie belangrik om alle risiko’s te bespreek met jou makelaar en nog belangriker is dat die boer ‘n makelaar kry wat sy risiko’s verstaan en dan vir hom die regte advies kan gee oor hoe om hulle te dek en saam besluit hulle dan hoe om die risiko’s te bestuur.”

LEES: Die belangrikheid van plaasversekering

Is boerderyversekering duur? Of hang dit af watter opsie jy kies?

“Die term duur in versekering is amper om te vra hoe lank is ‘n stukkie tou. Hoe groter die risiko verbonde aan die risiko wat gedek moet word, hoe meer is die tarief wat gevra word omrede daar ‘n groter waarskynlikheid is dat die risiko kan plaasvind.

“Daar is ander faktore soos die kliënt se eise-geskiedenis wat dan sy individuele premie beïnvloed en klomp faktore wat die versekeraar se aktuarisse saam historiese data gebruik om tariewe te bepaal vir elke risiko.

“Versekeringspremies kan hoog raak as die bates alles 100% ten volle vir die hoogste [bedrae] gedek word, maar as daar van die risiko deur die boer gedra word en ander verplaas word na die versekeraar dan kan ‘n balans tussen premie en dekking gekry word wat elke boer se sak pas.

“Die premie teen die dekking moet opgeweeg word sodat die boer kan besluit of hy die risiko self dra of oorplaas na ‘n versekeraar, soos byvoorbeeld sy hele oes kan verloor en nog steeds alle uitgawes kan dra, of verseker hy sy insetkoste en bietjie ekstra sodat alles kan betaal word as die hael die oes platslaan. Duimsuig sal dit ‘n boer 50kg mielies kos per hektaar op die oesversekering,” sluit Maree af.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.