On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

'Glo in jouself en moet nie opgee nie’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 23 Aug 2021

'Glo in jouself en moet nie opgee nie’ | News Article
Yolandi de Wet

Dit is belangrik dat vroue in hulself moet glo en nie opgee nie.

Dit is die boodskap van Yolandi de Wet, eienaar van Yolandi de Wet PR in die Wes-Kaap. 

De Wet, wat ‘n boorling van Upington in die Noord-Kaap is en self op ‘n plaas grootgeword het, moedig vroue aan om hulle passie te volg ten spyte van hoe moeilik dit mag lyk. 

Sien onderstaande PODCAST

De Wet vertel dat haar ouers en selfs haar oupa en oupagrootjie op Upington geboer het. Sy het haar skoolloopbaan by Hoërskool Duineveld voltooi en het daarna Openbare Skakelwese en Bemarking in Kaapstad gaan studeer.

In haar tweede jaar, het sy begin werk in die skakelwese- en bemarkingsbedryf, maar vertel dat dit nie altyd net maanskyn en rose was nie. “Ek het party dae gehuil en my ma gebel en gesê ek wil huis toe gaan, dan sê sy vir my ek moet vasbyt. Ek is baie dankbaar ek het vasgebyt.”

LEES: #WomensMonth: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie’

De Wet werk ook nou saam met verskeie landboubedrywe soos die wyn en olyf bedrywe. Sy het onmiddellik tuis gevoel om saam met hierdie tipe besighede te werk weens haar liefde vir landbou en die feit dat sy self op ‘n plaas grootgeword het.

LEES: #WomensMonth: Ons vier vroue in landbou

Van die uitdagings wat sy ervaar as ‘n eenmansaak sluit in dat sy selfs gedurende naweke ook moet werk. “ 'n Mens sukkel nogal om te rus of om op verlof te gaan of naweke te hou want ons het ‘n groot fokus op sosiale media. Baie mense is oor naweke op sosiale media en as daar navrae is, kan jy dit nie werklik ignoreer nie. Jy is die stem van die maatskappy vir wie jy werk,” verduidelik De Wet.

Haar boodskap aan vroue is, “Glo in jouself en moet rerig nie opgee nie want op die einde van die dag is dit die moeite werd.

“Daar was al geweldig baie spanning in my werk en ek wou al opgee, maar as jy iets doen waarvan jy rerig hou, hou aan daarmee. Al is dit party dae baie moeilik… staan op, maak jou bed op, maak jou koffie en gryp die dag!”

Vir meer inligting besoek Yolandi de Wet PR.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.