On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Monitering goeie manier om aartappelmot te beheer

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 27 Sep 2021

Monitering goeie manier om aartappelmot te beheer | News Article
Foto: issuu.com

Aartappelmot kan ‘n nagmerrie vir aartappelboere wees as dit nie effektief beheer word nie.

Sien onderstaande PODCAST

Hierdie insek kan ‘n geweldige ekonomiese impak op aartappelboere se inkomste hê indien daar nie ‘n goeie beheerstrategie in plek is nie.

Aartappelmot kan maklik geïdentifiseer word omdat mens dit kan sien rondvlieg. Dié mot vlieg gewoonlik net in die nag rond en daarom is hulle nie eintlik sigbaar gedurende die dag nie. André Erasmus, InteliGro se aartappel tegniese spesialis, verduidelik wat hy gewoonlik doen om te kyk of daar ‘n teenwoordigheid van die mot is, is om ‘n hand vol sand te vat en dit oor die aartappels te gooi. As die mot daar voorkom, sal jy hulle tussen die sand sien rondbeweeg.

Maar die beste manier om die teenwoordigheid van die mot tussen aartappelaanplantings te bevestig is deur middel van ‘n moniteringstelsel.

Volgens Erasmus kos dit in hierdie stadium in die Sandveld in die Wes-Kaap, waar InteliGro in samewerking met Stef Stephen van Stephan & Seun Aartappels, in 2016 ‘n langtermyn aartappelmoniteringsprojek van stapel gestuur het, R170 000 na R190 000 om ‘n hektaar aartappels voor te berei onder besproeiing, "so, jy kan net dink as jy 10% daarvan verloor [wat die impak gaan wees]. Ek het al gehoor van 30% tot 40% [se verliese], wat ek ook al self gesien het,” verduidelik Erasmus.

Tradisioneel maak meeste boere gebruik van ‘n vasgestelde program vir plaagbeheer, maar Erasmus waarsku dat produsente nou al hoe meer na plaagbestuur toe gaan beweeg.

As plaagbestuur toegepas word, beteken dit dat produsente ‘n beter idee sal hê of daar ‘n insek probleem is of nie, en van daar af kan hulle planne in plek sit om dit onder beheer te bring.

Hoe die moniterigstelsel vir aartappelmot werk verduidelik Erasmus in ‘n verklaring dat, “monitering ‘n vennootskap tussen landbou en die natuur is. Die feromone wat wyfiemotte afskei om mannetjies vir paring te lok, word in laboratoriums vervaardig en in ampules verpak.

“Die ampules word in lokvalle geplaas en, in hul poging om by die bron van die feromone uit te kom, word die mannetjiemotte in die lokvalle gevang. ‘n Opgeleide monitor tel die motte een maal per week en die inligting word gebruik om tendense uit te wys en ingeligte besluite te neem deur belangrike vrae te beantwoord:

  • Is die plaag teenwoordig of nie?
  • Is getalle op so ‘n vlak dat dit nodig is om op te tree of nie?
  • Is die huidige maatreëls suksesvol, of moet toedieningsintervalle, -dosisse en/of -produkte aangepas word?

“Ons het oor vier seisoene in die Sandveld die waarde wat monitering kan toevoeg tot opbreng en kwaliteit beleef. Ons weet hoeveel dit help om boere se risikobestuur te verfyn en hul insetkostes te verlaag omdat minder gewasbeskermingsmiddels gebruik word.

“Die tyd is ryp om die voordele van geïntegreerde plaagbestuur ook met produsente in ander aartappelproduksie-areas in die land te deel.

“Wanneer boere die regte stappe op die regte tyd en vir die regte doel neem, spaar hulle geld, het hulle ‘n beter kans vir ‘n suksesvolle oes en werk ons almal saam om die plaagbeheermiddels wat ons het, te beskerm,” sluit Erasmus af.

Vir meer inligting rakende moniteringstelsels, besoek gerus InteliGro se webtuiste of kontak jou streeksverteenwoordiger.


Deel 1


Deel 2


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.