On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Tegnologie is besig om landboupraktyke te verander

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 18 Nov 2021

Tegnologie is besig om landboupraktyke te verander | News Article
Foto: goodnewsnetwerk.org

Tegnologie is besig om landboupraktyke te verander en dis belangrik dat boere tred hou met nuwe tegnologie op die plaas.

Sien onderstaande PODCAST

Arno Janse van Vuuren van NWK het tydens sy voorlegging by die Agri-Uur Aand in Lichtenburg in Noordwes veral die belangrikheid van die gebruik van tegnologie in boerderye benadruk. 

Janse van Vuuren het saam met gassprekers soos Dr Johnny van der Merwe van die Noordwes Universiteit en Charl Saunderson – ‘n boer uit die Boesmanland-omgewing in die Noord-Kaap – kennis, wenke en belangrike inligting ten opsigte van landbou met medeboere gedeel. 

LEES: NK-boer praat oor die gebruik van tegnologie, selfgemaakte veelekke

Van die tegnologiese voorbeelde wat hy gedeel het, sluit in rekenaartegnologie sowel as vertikale boerdery, waar voedsel vertikaal binnenshuis geplant kan word. "Die groter dryf in die landbou gaan oor rekenaartegnologie en posisionering. Maar dan is [daar ook] uitdagings [soos die] beskikbaarheid van grond en [ander] hulpbronne [wat] natuurlik ook baie belangrik is, en dis hoekom daar opgang gemaak word met vertikale boerdery waar mens binnenshuis op 'n baie klein oppervlakte op 'n baie gesonder manier kos kan produseer," verduidelik Janse van Vuuren.

LEES: VS LUR stel nuwe landbou-tegnologie bekend om boere te help

OFM-nuus het voorheen berig dat 'n boer uit die Hopetown-omgewing in die Noord-Kaap gedeel het dat die gebruik van tegnologie verskeie voordele vir boere inhou - van vinnige inligting op die internet opspoor tot die nuutste masjinerie.

Berdine Krapohl sê hulle het begin wegbeweeg van ou boerderypraktyke en maak ook gebruik van tegnologie om hulle boerdery volhoubaar te bestuur. 

Janse van Vuuren het verder gesê die bevordering van tegnologie is eintlik ‘n hulpmiddel om boere te help om voedsel op ‘n manier te produseer wat die verbruiker se verwagtinge en behoeftes bevredig.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.