Agri Hour
‘n Kykie na stories wat in 2021 landbou nuusopskrifte gehaal het─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 03 Jan 2022
Verskeie stories het in 2021 landbou nuusopskrifte gehaal.
Van hierdie stories sluit in Covid-19, die veldbrande wat in sentraal Suid-Afrika gewoed het en die uitbraak van sprinkane ná goeie reën.
Sien onderstaande PODCAST
Hoewel die landbousektor sedert die aanvang van die coronavirus pandemie as noodsaaklik geklassifiseer is en dinge soos normaal kon voortgaan, het die virus die lewens van verskeie leiers in die plaaslike landbousektor geëis.
Een van Bothaville se leierboere, Bully Bothma, is in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Dié Vrystaatse boer was vir baie jare voorsitter van Nampo en Graan SA. Bothma was ook Vise-President van Agri SA. Sy vriend, Japie Grobler, beskryf hom as 'n mense-mens wat 'n groot passie vir landbou en sy medemens gehad het. Bothma is in Junie 2021 weens Covid-19 verwante komplikasies in die hospitaal oorlede.
LEES: DA mourns death of Bully Bothma
‘n Bekende boer in Namakwaland in die Noord-Kaap is in Julie 2021 weens Covid-19 verwante komplikasies oorlede. Die 52-jarige Lionel Cloete, 'n boer en beampte by die Noord-Kaapse Departement van Openbare Werke en Paaie was wyd bekend vir sy bydrae om die impak wat die langdurige droogte in die gebied op boere en voedselsekuriteit gehad het, aan die lig te bring. As die ondervoorsitter van die Steinkopf Boerevereniging, het hy gehelp om verskeie voerskenkings en bydraes as droogtehulp vir boere te bewillig. OFM-nuus het verkeie kere oor die jare met hom gesels. Hier is 'n uittreksel van een van die onderhoude.
LEES: Landbounuus-podcast: NW Departement se finansiële hoof afgedank
In Augustus 2021, is Koos Pienaar, 'n bekende leierboer in die Theunissen-distrik, in die Vrystaat aan Covid-19 verwante komplikasies oorlede. Pienaar was veral bekend in georganiseerde landboukringe as voorsitter van die Nasionale Melkprodusentevereniging. OFM se Pieter Moller sê Pienaar het in sy plaaslike gemeenskap baanbrekerswerk verrig om die sakelui, munisipaliteit en ander gemeenskappe te laat saamwerk om ‘n ekonomiese oplewing te bewerkstellig.
LEES: Hier is van jou hoof landboustories op OFM
Net soos Covid-19 verwoesting en hartseer gesaai het, het veldbrande dieselfde gedoen. Honderde duisende hektaar weiveld is in totaal in die Vrystaat sowel as die Noordwes en Noord-Kaap in 2021 verwoes. Erich Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, het in September verlede jaar met OFM-nuus gedeel dat skade weens wegholveldbrande in Noordwes vanaf 1 Mei en 23 September 2021 tussen as R2,75 en R3,5 miljard beloop.
LEES: Skade weens veldbrande in NW beloop miljarde Rand
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap het verlede jaar met OFM-nuus gedeel dat die Augustus winde bygedra het tot die verspreiding van wegholveldbrande in die Noord-Kaap.
OFM-nuus
