On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Bloemskou beloof propvol program vir 2022

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 30 Nov 2021

Bloemskou beloof propvol program vir 2022 | News Article
Foto: bloemskou.co.za

Vir 11 dae, vanaf 27 April tot 7 Mei 2022, beplan Bloemskou ‘n propvol program, wat 13 nasionale kampioenskappe sowel as die grootste opelug-saalperdskou ter wêreld insluit.

Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, sê hulle maak hierdie datum met groot hoop en vertroue bekend aangesien Bloemskou die afgelope twee jaar weens die Covid-19 pandemie nie kon geskied nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Bloemskou se ontstaan strek van 1883 af en weens die Covid-19 pandemie kon dit nie in 2020 en 2021 plaasvind nie.

“Ek dink die afgelope weke se samesprekings dui daarop dat die verskillende instansies, skoue en sport nie kan voortbestaan as ons nie op ‘n manier begin oop maak nie… So, ons almal gee alles wat ons kan in terme van ons samewerking en ons glo en vertrou dat ons volgende jaar ‘n Bloemskou gaan aanbied,” sê Prinsloo.

Sy verduidelik verder dat alles op die oomblik daarop dui dat hierdie verskillende geleenthede voorwaardelik in 2022 sal plaasvind en dit hoofsaaklik gekoppel gaan word aan inentingsertifikate of die versiening van ‘n negatiewe Covid-19 toets.

LEES: Bloemskou bied sy eerste genetiese veiling aanlyn aan 

Dié gekombineerde landbou- en kommersiële skou bied ‘n platform vir die stoetveebedryf  onder perde, kleinvee en beeste.

Verskillende rasgenootskappe kry tydens die jaarlikse Bloemskou die geleentheid om hulle kampioenskappe aan te bied. 

Boere en telers kry ook gedurende die skou die platform om bymekaar te kom en kennis en inligting uit te ruil. 

En dan natuurlik is dit ook ‘n geleentheid vir gesinne om hulleself te kan geniet met 'n pretpark, talle kosstalletjies en musiek van die land se top kunstenaars.

Alle inligting oor volgende jaar is reeds op Bloemskou se webtuiste beskikbaar en diegene wat graag wil uitstal gedurende dié geleentheid kan Bloemskou se kantoor skakel by 051 448 9894.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.