On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Arts

Kunstenaar vind "skoonheid" in openbare swembaddens se verval

───   HEIDRÈ MALGAS 15:35 Mon, 21 Nov 2022

Kunstenaar vind "skoonheid" in openbare swembaddens se verval | News Article
Willem Pretorius skilder openbare swembaddens.

Welkom se openbare swembad het sosiale mediagebruikers aan die gons nadat foto's van die haglike toestand waarin dit verkeer, oor platforms heen gestuur is.

Die eens gewilde kuierplek en geriewe waar skoolgalas aangebied is, is nou meestal vervalle strukture, half gevul met alge.

Die kunstenaar, Willem Pretorius, wat openbare swembaddens skilder, besin oor die ervaring wat hy gehad het toe hy die swembad in Welkom - en ander in die land - geskilder het.

Hy sê meeste van die swembaddens wat hy skilder is swembaddens met vrot water. Daar is hier en daar nog swembaddens met blou water.


“Ek vind skoonheid in die verval en hoe die natuur hierdie mensgemaakte strukture terugneem,” sê hy.

Hy vertel wat vir hom lekker is van die swembadreeks, is dat daar perspektief is en dat dit interessant is om te sien wat in die water is en hoe die natuur oorvat.

“Van die swembaddens [se toestand] is nie net [weens] munisipale wanbestuur nie, maar ook klimaatsverandering, min reën en die feit dat niemand meer swem nie. Kultuur het baie verander. Toe ek ‘n kind was, het ons by die dorpswembad bymekaar gekom en Saterdae daar deurgebring. Dit was voor die internet en sosiale media,” vertel hy.


Hy vertel dat daar al 150 skilderye in sy swembadreeks is. 

“Toe ek die een in Welkom geskilder het, was daar nog water in. Dit lyk wel of dit glad nie meer gebruik word nie. Alhoewel die water vol alge is, was dit vir my interessant want wanneer jy instap, is daar nog swartborde met die Noord-Vrystaatse Hoërskoolgala van 1999 wat geadverteer word, en 2012 se swemgala’s - dit is interessant om brokkies te kry van hoe dit daardie tyd was,” vertel Pretorius.

OFM-nuus het 'n navraag aan die Matjhabeng-munisipaliteit gerig oor of daar enige planne vir die opgradering of opruiming is, maar daar was geen reaksie nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.